WIEG – Joan Kruger
TITEL: WIEG: Die lewe van Maria du Plessis, née Marie Buisset (1679 – 1751), Hugenoot en vroedvrou
OUTEUR: Joan Kruger
ISBN :Â Â 978-1-920188-56-6
Bladsye: 376
Omslag: Volkleur matt gelamineerde sagteband met 100 mm flappe aan weerskante
Prys: R379. 50 (BTW ingesluit)
Publikasiedatum: 29 Augustus 2022
Die jaar is 1700, die plek Amsterdam. Die bruid is 21 jaar oud, inderhaas getroud met ‘n Kaapse
chirurgyn, ‘n wewenaar wat oud genoeg is om haar pa te wees.
Wie is die Franse vrou wat haar na ‘n pioniersbestaan op ‘n wilde voorpos begewe? Marie Buisset is ‘n
vlugteling, ‘n weeskind uit Sedan, gebore tydens die felste Hugenootvervolging. Sy word ‘n stammoeder
van die families Du Plessis en Snith in Suid-Afrika, en as vroedvrou – later op die VOC se loonlys – is sy
die hulp van kwesbares: ‘n verkragte meisietjie, ‘n veertienjarige wat geboorte skenk en verskeie vroue
wat deur hul eienaars, minnaars of mans verniel is.
Uit karige oorblyfsels soos hofstukke, mediese rekeninge, vendusies en testamente onthul Joan Kruger
’n ryk en boeiende verhaal. Dis geskiedenis wat ontstel en vermaak, meesterlik vertel.
Wieg: Die verhaal van Maria du Plessis, née Marie Buisset (1679 – 1751), Hugenoot en vroedvrou is â€
˜n
vonds wat historici en talle lesers nuut laat kyk na ‘n gedeelde verlede.
Comments
WIEG – Joan Kruger — No Comments
HTML tags allowed in your comment: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>