Gespreksgenoot: ‘n brieweboek
Heilna du Plooy
Hierdie lywige bundel van sowat 700 bladsye is deur Heilna du Plooy saamgestel uit briewe van Elize Botha en verskeie skrywers en ander bekendes. Skrywers en digters soos Audrey Blignault, Hennie Aucamp, NP van Wyk Louw, Elisabeth Eybers, Lina Spies en baie ander het met Botha gekorrespondeer. Party briewe is diep ontroerend, ander laat jou hardop lag en ‘n klompie lees jy herhaaldelik om die besonderse insig daarin. Die briefskrywers skets die klein en groot gebeure in hulle lewens, deel hul menings oor boeke en mense en vertel van die dinge wat hul lewens moeilik of vreugdevol maak. Dit is ’n intieme teks wat by baie lesers byval sal vind.
Formaat : 152 mm x 222 mm
ISBN: 978-1- 920188-53- 5
Bladsye: Sowat 700
Verskyningsdatum: September 2017
Prys : R399
ELIZE BOTHA: Gespreksgenoot
Elize Botha: “a Remarkable Book of Letters Reveals the Life of a Remarkable Woman”I am a reader, not because I don’t have a life, but because I choose to have many.
ELIZE BOTHA: Gespreksgenoot – ‘n Brieweboek by Heilna du Plooy, the co-ordinator (Litera):
This is an unusual and very specific book and obviously you must understand Afrikaans to even think of reading it.
Pay heed to the delightful name: Gespreksgenoot – ‘n Brieweboek (Companion – A Letters Book). What surprised me most was how the letters capture the time, a specific period, and the Afrikaans literary world which because of the politics of the country, was all-important at the time.
Because I wasn’t part of that world yet knew about the people and read some of the books while writing about the arts and interviewed Elize Botha at a specific time, it’s been an amazing read.
The compiler (and the word doesn’t really do justice to what must have been a mammoth task brilliantly executed) who was going to write a biography of Botha, a woman ahead of her time and supremely important in the Afrikaans literary world, was handed the key to much of her letter-writing which was how she kept contact and became close friends with so many writers. Starting to read through the letters, Du Plooy very quickly realised that Botha would be much better served if she could simply put the letters together in a certain fashion to tell the story.
From the beginning, she decided that once a letter had found its way into the book, it would not be censored in any way. It’s either in or out, warts and all. And she needn’t have feared, for those of us on the edges, the finer gossip items are too nuanced and for those who can pick it up, they probably knew it all already. But it’s not that kind of book anyway and Botha was not the kind of person to be entertained unduly by idle gossip. She had far more interesting things to talk about. It is these conversations between those with similar interests – literature – that are so fascinating and educational.
There are many surprises, quite unexpected, I would imagine. For example, the art of letter writing, if anything, points a finger at a lost art since we now rely on the internet and social media to communicate. What a joy to still encounter someone who wrote such meaningful letters – and regularly. It was the way she communicated with those not in her immediate vicinity and what a blessing for us, because she has riches to impart on many levels.
More than anything, it is the way the letters have been written, the language, the topics they discuss and how regularly in extremely busy lives, they still managed to keep up this correspondence. It’s a lost world. The letters are illuminating and sheer joy and point to the loss of something that will never be recovered. Typing an email is just not the same as taking the time to sit down to write a letter to a friend. It’s extremely special and when they really have something to say, and its about something as important and universal as literature, it is something special to share and to experience.
Take, for example, someone like Audrey Blignault, an Afrikaans writer who for those of us who didn’t have better insight might have viewed her in a specific way. There’s a completely different woman who emerges when you follow these two smart people’s writing and exchange of ideas. It’s fascinating to read for example how they were influenced at the time by international writers like Saul Bellow, hardly able to wait for his latest novel; or when discussing someone like Tolstoy, the quality of their ideas is illuminating. It’s like bumping into a mini lecture in the comfort of your home and a real gift to have insight into their thoughts on reading and how it stimulates their inner worlds
The joy of reading and superior writing is celebrated on every page and though the accent here is on Afrikaans literature in a time when many in this world were fearful for the language, in essence, it is about reading in whichever language you prefer, the appreciation of that language and the art of storytelling. That’s universal and a great advertisement for books, something that can always do with encouraging publicity.
For Botha it would have been unthinkable not to read. Even though as a judge for many different institutions, dealing with books and regarded as one of our finest Afrikaans literary figures, it was part of her daily life, and the way she lived. Most of her career was spent in academia, teaching but also setting the guidelines in her particular field of literary theory and criticism. But she was also very aware that her career was on a slow burn (“a long slow curve,” is how she phrased it) because of being a woman in this time. Hopefully that graph might now be changing with everyone being more vocal about the problems and the social media world keeping a watchful eye.
Starting out in her early days as a journalist, she was also the editor of the Tydskrif vir Letterkunde (Magazine for Literature) from 1973 to 1992. Many celebrated authors published their first work here in the 70’s and 80’s under her guidance and nurturing. She also published often in different spheres – from literary criticism to articles and collections of literary essays. And she travelled often with literary quests as part of these journeys. She featured on every literary committee and academy of the time and for many years was the chairperson of the M-Net Book Awards.
As a woman she was often the first in many different fields, like a board member of Nasionale Pers, the first female chair of the Akademie vir Wetenskap en Kuns (Academy of Science and Art) and finally, the first female chancellor of the University of Stellenbosch, a position she occupied until her untimely death in 2007. But all of this is just a small part of her packed life as any woman who has raised three children in between all this academic superpower will know.
More than anything, says the compiler (colleague and friend), Heilna du Plooy, this collection of letters is also an effort to preserve something that is precious, and to capture people and events and views and insights which can serve as encouragement and a source of survival for others.
It’s a remarkable read about a remarkable woman.
Gespreksgenoot bevat veel wat onderhoudend is; vir lesers van later geslagte sal dit insae gee
in hoe Elize Botha en geesgenote oor die Afrikaanse letterkunde gedink het, skryf Louise Viljoen in Rapport. Lees volledige resensie hier...
Dié bielie-boekstawing van ses dekades se korrespondensie tussen prof. Elize Botha en die voorste storievertellers in Afrikaans bied veelverkneukelwaardige plesier, skryf Jean Meiring in Rapport.
Gespreksgenoot – ’n Brieweboek saamgestel deur Heilna du Plooy. Uitgewer:
Litera Publikasies. Prys: R395.
Nes die donkie is ’n brief ’n wonderlike ding.
Tog ken die leeuedeel van die lesende republiek vandag ’n brief ook maar net aan
die hand van wat dit nié is nie. As donkie se kind perd of muil se grootjie is, is ’n
brief die voorsaat van die nuwerwetse en onmiddellike e-pos. Waar dit oorleef,
ontlok die koddigheid van briefskrywery dikwels ’n vermakerige oogknippery.
Onderwysers saai dus waarskynlik wyd verstomming as hulle vertel daar was ’n
neolitiese tyd toe korrespondensie nie altoos in die gloor van ’n rekenaarskerm
plaasgevind het nie, maar toe ’n mens versigtig ’n skryfblok gekies het, jou
gedagtes georden en skouer aan die pen gesit het.
In die tamaai Gespreksgenoot – ’n Brieweboek versamel die Potchefstroomse
akademikus Heilna du Plooy briewe wat oor ses dekades heen tussen die
toringende literator Elize Botha en ’n boog van vriende en kollegas verwissel is.
In die eerste deel verskyn gewyde name soos N.P. van Wyk Louw, onder wie
Botha haar doktorale studie in Amsterdam voltooi het, Elisabeth Eybers, die
Oppermans, Audrey Blignault, Elise Muller en Alba Bouwer. In deel twee kom die
daaropvolgende geslag, onder wie Hennie Aucamp en Lina Spies, aan die bod. In
deel drie en vier is dit die jong Turke soos Joan Hambidge en Koos Prinsloo wat
met Botha in gesprek tree.
In die geheel gesien is die drie vernaamste gespreksgenote, bladsygewys,
Blignault, Aucamp en Spies. Die verhouding tussen elk van hulle en Botha word
dus veral genuanseerd en ryk blootgelê.
Hierdie bielie van ’n boek, wat oor 650 bladsye strek, vermag so al heen-en- weer
skrywende baie dinge tegelyk.
Enersyds, soos Petrovna Metelerkamp in Mits dese wil ek vir jou sê (2013) met
die bymekaarsit van Hennie Aucamp se briewe gedoen het en John Kannemeyer
met sy bundeling van die epistole van Peter Blum (2008) en van die
briewewisseling tussen die Louw-broers (2011), trek Du Plooy die versamelaar
eweneens so terloops die buitelyne van ’n lewensloop.
Maar anders as met die Aucamp- en Blum-versameling sluit Gespreksgenoot nie
slegs briewe uit Botha se pen in nie. Ook verskyn baie briewe wat haar per
kerende pos bereik het. Dus kom daar, ten spyte van onvermydelike gapings, ’n
ryker en dieper beeld van Botha na vore as wat die geval sou gewees het as slegs
haar stem gehoor is.
En Botha was inderdaad ’n reuse- en geskakeerde figuur.
Al had sy in die jare tagtig die las om die naamgenoot van die toentertydse
presidentsvrou te wees, was sý die Elize Botha wat wyd gereken was, wat met
haar openbare verskynings ’n rare indruk gemaak het. Sy was intellektueel
onverbiddelik en geseën met ’n sonore en onweerspreekbare stem.
Sy was professor, redakteur van die Tydskrif vir Letterkunde, en boonop die
eerste vroulike bekleër van beide van die voorsitterskap van die Suid-Afrikaanse
Akademie vir Wetenskap en Kuns én die kanselierskap van die Universiteit van
Stellenbosch. Boonop was sy ’n eggenoot en die moeder van drie kinders.
Derhalwe is Gespreksgenoot die optekening van ’n akademiese en skeppende
lewe wat baie na aan die politieke sentrum in Suid-Afrika geslyt is. Botha was
beduidend en belangrik. Tog is dit opmerklik hoe betreklik onbetrokke Botha en
haar gespreksgenote by die groter politieke en sosiale kwessies van die dag blyk
te gewees het.
Andersyds werp die boek ’n skerp kultuurhistoriese blik op ’n onlangs vervloë
tyd in die spesifiek Afrikaanse ligkring toe die betrekkinge tussen mense – selfs
hegte vriende – meesal deur ’n fluwelige formaliteit en omsigtigheid gekenmerk
is. Toe opgevoede vriendskappe in klinkklare en oorwoë taal bedryf is, eerder as
deur die uitruil van internet-hiërogliewe en komiese kiekies.
Tog moes Botha met die oopskeur van die briewe van die jonger geslag
korrespondente self ’n verbreding van die toonleer bemerk het, dikwels met
skerper klanke tussendeur hoorbaar. Die Afrikaans ondergaan dan ’n duidelike
verjonging. Ook Botha s’n. Waar sy vroeër met voorspelbare reëlmaat ’n blye
tyding as “hartversterkend” beskryf het, moet sy geweet het iemand soos André
Letoit, oftewel Koos Kombuis, sou moeite hê om so ’n sentiment te snap.
En Koos Prinsloo skryf eenmalig nie uit die veilige hawe van ’n sitkamer nie,
maar uit ’n weermagkamp.
Eweneens karteer die boek ’n stuk van Afrikaans se institutionele geskiedenis.
Die dramatis personae was die Neelsies, Vroutjies en Engelas van hulle dag, wat
die soms stowwerige Oudtshoorn van die Afrikaanse letterkunde blinkgeloop
het.
Die taal en haar letterkunde het toe in Suid-Afrika sentraal gestaan. Dit was ’n
saak van groot erns, soos dit nooit weer sou wees nie.
En teen die tablo van hierdie en ’n norring ander temas bied Gespreksgenoot
groot, dikwels verkneukelwaardige plesier.
Deur die lees van die versamelde keur briewe – die skrywers, sê Du Plooy met
groot stelligheid, het almal toestemming tot publikasie gegee – word die leser
terstond en onwillekeurig ’n voyeur wat inloer op die binnewerkinge van
bondgenootskappe en vyandskappe. Beiteltjies word gou strydbyle.
So byvoorbeeld luier Letoit in Windhoek ná ’n vergadering van die
Skrywersgilde. In ’n brief wat hy pertinent as onpubliseerbaar aanstip, trek hy
sketterend teen die literêre behemot Kannemeyer te velde. Wat Botha se
antwoord was kom die leser nie te wete nie.
Spies, wie se eerlikheid, ook oor haar eie tekortkominge, ontroerend is, sit nie
langs dieselfde vuur as die digter Joan Hambidge nie. Laasgenoemde se omstrede
literêre rubriek in Beeld saai gereeld onmin. Hambidge maai Spies se gevleuelde
afkeer.
Maar bowe als kry die leser ’n skerp en intieme blik-van- buite op ’n vergange
wêreld – soos dit beskryf is deur die pen van linies van Afrikaans se voorste
storievertellers.
Die boek ontbreek die gedetailleerde voetnote en verklarings wat Kannemeyer
se briewebundels kenmerk en sekere lesers sal dus dalk moeite hê om hier en
daar siele wat in die verbygaan genoem word te identifiseer. Ook in die inleiding
sit Du Plooy haar werkswyse wat die boek tot gevolg gehad het, betreklik karig
uiteen. Maar dís sagte kritiek teen ’n brieweboek wat veral vir boekliefhebbers
groot en durende genot en insig sal verskaf – op sigself ’n wonderlike ding.
Jean Meiring is ’n regsgeleerde van Johannesburg.