1. Moet asseblief nie dubbelspasies tussen twee sinne tik nie. Indien die manuskrip reeds in ’n gevorderde stadium en vol dubbelspasies is, kan laasgenoemde met die soek-en-vervang-funksie gekorrigeer word (tik net twee spasies in die ‘soek’-blokkie in en ’n enkelspasie in die ‘vervang’-blokkie).

2. ’n word op die volgende wyse getik: gaan na ‘Tools’ >> ‘Autocorrect’. Daar is ’n oop blokkie getiteld ‘Replace’. Tik daar die karakter in wat jy gewoonlik vir die ’ gebruik, en dan die letter n. Doen die volgende in die blokkie ‘Replace with’: hou alt in en sleutel die syfers 0146 in. Hoewel die krulletjie wat daar in die blokkie verskyn, nie heeltemal reg lyk nie, sal die rekenaar voortaan outomaties die ’n wat jy intik, met die korrekte een vervang. (Indien die manuskrip reeds vol ‘n staan, kan dit met die soekfunksie vervang word – kopieer ’n foutiewe ‘n met ’n spasie aan weerskante en paste dit in die soek- blokkie, en kopieer ’n korrekte ’n met ’n spasie aan weerskante en paste dit in die vervang-blokkie.

3. Daar kom ’n spasie tussen ’n woord en ’n ellips (met ander woorde_…; nie met ander woorde… ). Om te korrigeer d.m.v. soekfunksie: tik … (ellips) in die soekspasie, en in die vervangblokkie ’n spasie (tik die spasiebalk) gevolg deur … Dis egter ’n goeie plan om die ellipse so ver moontlik uit te haal.

4. Voor iemand direk aangehaal word, word ’n dubbelpunt gebruik, nie ’n komma nie. Dus: Griet sê: “Daar was ’n goeie verhouding …” en nie: Griet sê, “Daar was ’n goeie verhouding …” nie.

5. Haal uitroeptekens en klemstrepe sover moontlik uit. Dis steurend vir die leesproses. (soekfunksie kan ook hiervoor gebruik word).