• Geen handgeskrewe of elektroniese manuskripte (per e-pos of CD) kan oorweeg word nie.
    Elektroniese voorleggings, bestaande uit ‘n opsomming (250 woorde), inhoudsopgawe en eerste hoofstuk kan egter per e-pos aangestuur word. Indien die uitgewery ‘n potensiële mark daarvoor voorsien, sal die volledige hardekopie
    aanvra word.
  • Pos ‘n hardekopie van die manuskrip, in dubbelspasiëring getik, aan die uitgewer.
  • Alle bladsye moet genommer wees.
  • Moet nooit die enigste kopie van die manuskrip stuur nie. Die uitgewer kan nie onderneem dat u die manuskrip sal terugontvang nie.
  • Voorleggings moet die volgende insluit:
    – ‘n koevert vir die terugpos van u manuskrip, met voldoende posseëls en die terugsendingsadres volledig daarop aangebring. Geen manuskripte sal op die uitgewer se koste teruggepos word nie;
    – ‘n dekbrief met jou telefoonnommers, posadres en e-posadres;
    – ‘n opsomming van die manuskrip (250 woorde) ;
    – die eerste hoofstuk;
    – ‘n kort CV met melding van enige vorige skryfervaring en/of publikasies;
    – ‘n bemarkingsplan (opsioneel).

Die uitgewer sal ontvangs van u manuskrip erken.
Indien die manuskrip vir publikasie aanvaar word, sal die uitgewer u ‘n kontrak aanbied.
Indien u manuskrip nie aanvaar word nie, sal u skriftelik verwittig word.