‘n Stem vir Suid-Afrika: my storie soos vertel aan Ian Raper
Mimi Coertse
Hierdie outobiografie vertel van uitsonderlike talent, teleurstellings, deursettingsvermoë en wêreldroem. Dis die storie van ’n vrou wat haar nie aan vooroordeel steur nie en deure open oor kunsmatige grense heen – ’n lewensverhaal met ewe veel drama, ironie en patos as die grootste rolle wat Mimi Coertse vertolk het.
Mimi Coertse, Suid-Afrikaanse sangeres wat wêreldgehore aan haar voete gehad het, vertel haar storie aan Ian Raper. Dis die onderhoudende, menslike vertelling van ‘n diva wat van kleins af geweet het sy wil sing, die verhaal van struikelblokke en onstuitbare drif, van persoonlike verliese en roem in die vreemde en die verlange na haar vaderland. Terwyl sy in Wene die eretitel ammersängerin gehad het, het sy ook Afrikaanse liedere soos O, Boereplaas en Heimwee daar bekend en geliefd gemaak. Terug op eie bodem het sy haar talent aangewend om jong stemme uit benadeelde gemeenskappe te identifiseer en af te rig vir ‘n lewe om te sing.
Meer oor Mimi: Die Suid-Afrikaanse sopraan Mimi Coertse is op 12 Junie 1932 in Durban gebore en het in Johannesburg en Wene bestudeer. Lees meer ...
Enkele uittreksels uit die boek: Lees meer ...
ISBN: 978-0- 9584626-9- 3
FORMAAT: 245 mm x 170 mm
OMSLAG: Volkleur gelamineerde sagteband met invouflappe
PRYS: R200 nou slegs R100
BLADSYE: 250, met foto’s in kleur en swart-en- wit
KATEGORIE: Niefiksie: Outobiografie
“ Mens kan nie help om diep geroer te word deur Mimi Coertse as kunstenaar én mens nie.” ( Louis Heyneman, uitvoerende direkteur van die Kaapse Filharmoniese Orkes in Rapport, 3 Februarie 2008).
Koerantuitknipsel oor Mimi se boek, lees hier ....
Hierdie outobiografie vertel van uitsonderlike talent, teleurstellings, deursettingsvermoë en wêreldroem. Dis die storie van ’n vrou wat haar nie aan vooroordeel steur nie en deure open oor kunsmatige grense heen – ’n lewensverhaal met ewe veel drama, ironie en patos as die grootste rolle wat Mimi Coertse vertolk het.
· “ Mens kan nie help om diep geroer te word deur Mimi Coertse as kunstenaar én mens nie.” ( Louis Heyneman, uitvoerende direkteur van die Kaapse Filharmoniese Orkes in Rapport, 3 Februarie 2008).
· “Hier is ‘n vrou wat – merkwaardige stem en al – nie soos ‘n diva oorkom nie. Sy is eerder ‘n doodgewone Durbanse meisie met ‘n besonderse talent wat die wêreld se bewondering verower het en dit altyd sal geniet.
“Selfs al is jy nie ‘n aanhanger van opera en die ‘fynere dinge in die lewe nie’, is daar genoeg in hierdie boek om jou te laat wonder of jy nie dalk móét wees nie!”