Lydia von Wielligh-Steyn
Lydia von Wielligh is op 19 Desember 1962 in Durban gebore. Sy matrikuleer in 1980 aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria, en verwerf in 1984 ’n Honneursgraad in Frans aan die Universiteit van Pretoria behaal. In die tagtigerjare woon sy vier jaar lank in Parys, Frankryk. Sy het ervaring as toergids, navorser en skakelbeampte, is ‘n geakkrediteerde SAVI-vertaler (Frans-Afrikaans) en werk sedert 2000 by ‘n Switserse parfuumfirma in Johannesburg. Lydia von Wielligh-Steyn is is ‘n gepubliseerde roman-en artikelskrywer, ‘n geakkrediteerde vertaler en lid van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.