Wilhelm Jordaan
Wilhelm Jordaan het sy loopbaan as joernalis begin en uiteindelik ’n professor in sielkunde geword.
Hy is jare lank ’n bekende en gewilde rubriekskrywer vir Beeld en Die Burger en is al ‘n “volksghoeroe” genoem om die verhelderende insig wat uit sy rubrieke straal. Jordaan se uitgebreide leeskennis en diepe begrip blyk uit sy skrywes en verwysings.
Hy woon in Pretoria met sy vrou, Jackie en die egpaar geniet hul kinders en kleinkinders.