Grensoorlogstories
Jeanette Ferreira
‘n Aangrypende bundel kortverhale, waarin gevestigde én nuwe stemme die Grensoorlog kreatief, eerlik en deernisvol oopskryf.
Meer oor die Skrywer:
Jeanette Ferreira is gebore op 20 April 1954 en word groot op die familieplaas Deerpark, naby Tzaneen in die Laeveld. Sy publiseer meer as twintig boeke in verskillende genres, ook ontspanningsliteratuur. Haar vroeëre kreatiewe werk het ’n sterk politieke inslag en sentreer om die demokratiseringsproses in Suid-Afrika, maar haar latere werk konsentreer op die groter mensliker vraagstuk van oorlog. Lees meer ...
Enkele uittreksels uit die boek: Lees meer ...
ISBN: 978-1-920188-38-2
FORMAAT: 222 mm X 152 mm
BLADSYE: 184 pp swart & wit
PRYS: R190.00 nou slegs R100
KATEGORIE: Fiksie: Kortverhale
Die Grensoorlog is meer as 20 jaar verby, maar in die hart en psige van baie mense woed dit nog fel. Dit was duidelik uit die emosionele reaksie van die gehoor tydens die bespreking van die boek Grensoorlogstories wat deur Jeanette Ferreira (video) saamgestel is.
Oorlogsliteratuur is bekend daarvoor dat dit die grens tussen feite en fiksieuitdaag – ’nmens dink
aan die verskeie werke van Tim O’Brien, of Michael Herr se Dispatches (1968). Herr het
konvensionele joernalistiek om drie redesverwerp (Taylor 2003:89). In die eerste plek was die feite
van die oorlog inViëtnam verdag; hy skryf (1991[1968]:172) hoe ’nlid van die Amerikaanse
spesialemagte ’n National LiberationFront- (NLF-) (Viet Cong-) vegter doodgeskiet en ’n gevangene
bevry het, net om die volgende dag te hoor dathy ses gevangenes bevry en veertien NLF-vegters
doodgeskiet het: “You want to see the medal?” In dietweede plek is die waarheid altyd oorskadu
deur die “amptelike perspektief” wat “usually did the same thing toyour perception of the war that
flares did to your night vision” (1991[1968]:149). In die derde plek moes soveelvan die beelde
gepropageer deur die media en Hollywood afgeleer word voordat ’n mens gekonfronteer konword
met die “waarheid” (1991[1968]:210). Volgens Herr was dit dus beter om die waarheid as ’nroman
aante bied, en hierin was hy geslaagd: Philip Beidler (2007:207) skryf dat hy Michael Herr se
Dispatches aanbeveel “to somebody who asks me for a single book that comes closest to telling
‘what it was like’”.Van Coller (1990:84) skryf ook hoe die oorskryding van hierdie grens ten opsigte
van grensliteratuur lei tot faction , en ’n mens sou ook dieselfde argumente van Herr op die
Grensoorlog kon toepas. In hierdie opsig pas Grensoorlogstories goed in by ander grensliteratuur en
moderne oorlogsliteratuur in die algemeen, alhoeweldie bundel sterk oorhel na fiksie. Jeanette
Ferreira posisioneer die bundel tussen feit en fiksie in dievoorwoord: alhoewel die bundel “met fiksie
’nstem [wil] gee aan mense se kreatiewe weergawe van diemensdom se oudste stryd teen homself”,
kan dit ook jong lesers help om te “besef dat die verlede insig op diehede kan bied” – dus is dit
veronderstel om geskiedkundig sowel as fiktief te wees. In albei oogmerke slaagdie bundel egter as
geheel nie.Verskeie aspekte van die Grensoorlog word gedek: die rol van burgerlikes (byvoorbeeld
“Die Grenspakkie” en“Suikerseep”), oorgrensoperasies (“Aankoms”), dienspligontduikers (“Die
duif”), posttraumatiese stres (“Slavecylinder”), die terugkeer vanaf die grens (byvoorbeeld “Die
Offer”) en vlugtelinge (“Emigré”). Alexander Strachan, Etienne van Heerden, Gawie Kellerman, Louis
Krüger, PJ Haasbroek en Mark Behr – bekendeskrywers van grensliteratuur – is egter afwesig, en die
leser tref ’n paar bekende skrywers van ander genres(byvoorbeeld Jaco Fouché, Fanie Viljoen,
Hennie van Coller en Bernard Odendaal) tussen onbekendeskrywers aan.Die hoogtepunt van hierdie
bundel is Louis Bothma se inleiding, wat soos sy ander werke goed deurdink ennagevors is. Die
enigste kritiek wat ’n mens hierop kan gee, is die irriterende afwesigheid vanbladsynommers, sowel
as die feit dat die ander hoofstukke hierdie een ’n onreg aandoen. Bothma skets diehistoriese
konteks goed, en as basiese inleiding tot hierdie deel van Suid-Afrikaanse geskiedenis is dit
mynsinsiens geslaagd. Alhoewel geen verhaal in hierdie bundel grensverskuiwend of tegnies
uitstekend is nie, is daar tog ’n paar watrelatief geloofwaardig aandoen en sinvol geskryf is. Die
eerste verhaal, “Aankoms”, skep met realistiese (en 21/5/2014LitNet2/2 gruwelike) beskrywings,
sowel as soms goeie woordeskat (soos “gordynvuur” en “uitputtingsoorlog”) ’n valsindruk by die
leser dat hierdie bundel as geheel ’n sinvolle bydrae tot grensliteratuursal lewer. Hierdie illusieword
voortgesit in “Amnestie se moer”, wat – alhoewel soms oordadig – soos Karel van der Merwe se
Nasleep ’n bitterheid teenoor die politici en weermaggesag teen die agtergrond van die WVK
bewoord. Die verhaaleindig sterk: “You cannot translate thirty years into a few words.” Maar helaas,
van hier af sneuwel die bundelin ’n doodsakker van clichés. En net wanneer dit lyk of “Die gat” (myns
insiens die aangrypendste verhaal indie bundel) die bundel gaan deurtrek, struikel dit weer. Ek let op
my notas: as ek ’nrand gehad het vir elkekeer wat ek ’n cliché of soetsappigheid onderstreep het,
sou ek nog ’nboek van Venter kon koop. Dan lees ek“My oë wil nie sien nie” en dink ek dat daar tog
hoop vir hierdie bundel is, maar nee.Die bundel lees in geheel soos die geskiedenis van die
Grensoorlog self: dapper pogings en suksesverhalewat gekelder word deur te veel mislukkings, en
uiteindelik struikel die bundel. En soos Operasie Modulêr dink’n mens vir ’n oomblik dit kan alles die
moeite werd wees wanneer jy by “Simulasie” uitkom, maar dan struikeldie leser weer voor die
clichés. “Tuisfront” is ’n goeie vertelling, maar dit is te laat om die bundel te red.Een van die vele
dinge wat hierdie bundel kelder, is die feit dat party verhale kortverhale is, terwyl ander
(byvoorbeeld “Hoe dit vir my was” en “My oorlog”) bloot vertellings van weermagervarings is. Dalk
sou diebundel meer geslaagd gewees het as dit bloot vertellings was sonder literêre pretensie: dan
sou die bundelgelees kon word as ’n alternatiewe geskiedenis van persoonlike narratiewe, wat soos
Batley (2007) ’nnoodsaaklike stem gee aan alternatiewe perspektiewe. Of as die bundel bloot
kortverhale met literêreaspirasies was (sonder die vertellings), want dan sou dit as literatuur gelees
kon word. Soos die bundel egter staan, hoort dit nêrens.Ek keer terug na Viëtnamliteratuur:
Grensliteratuur kort nog ’n groot werk soos James Webb se Fields of fire, of gehaltekortverhale wat
die dubbelsinnigheid en nuanses van hierdie oorlog met vaardigheid aanspreek, soosTim O’Brien se
werke.
Grensoorlogstories is verseker nie ’n groot werk in grensliteratuur nie, en die leser sal beter doen
deur eerder weer Strachan se ’n Wêreld sonder grense te lees. Gelukkig is Grensoorlogstories
nie die laaste woord oor hierdie oorlog nie.
Bibliografie
Batley, K. (red.) 2007.
A secret burden: Memories of the Border War by South African soldiers who fought init
. Jeppestown: Jonathan Ball.Beidler, P.D. 2007.
American literature and the experience of Vietnam
. Georgia: University of Georgia Press.Herr, M. 1991[1968].
Despatches
. New York: Vinage International.Taylor, M. 2003.
The Vietnam War in history, literature and film
. Edinburgh: Edinburgh University Press.Van Coller, H.P. 1990. “Afrikaanse literatuur oor die
gewapende konflik in Suider-Afrika sedert 1963. 'nVoorlopige verslag.”
Acta Academica
, 22(4):74-91.