Lothar Neetling, ‘n Lewe vertel
Annette Jordaan
’n Duitse weeskind word deur ‘n vurige Afrikaner-Nasionalis aangeneem en word ‘n briljante forensiese wetenskaplike, wat homself later moet verweer teen berigte dat hy gif verskaf het om ‘n anti-apartheidsaktivis uit te skakel. Die boek lees soos ‘n roman.
Meer oor die Skrywer:
Annette Jordaan (geb. Neethling) matrikuleer in 1967 aan die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria. Daarna behaal sy M.A. in Latyn (1982) aan die Randse Afrikaanse Universiteit en DLitt (Afrikaans) (2004) aan die Universiteit van Pretoria. Lees meer ...
Enkele uittreksels uit die boek: Lees meer ...
ISBN: 978-1-920188-45-0
FORMAAT: 222 mm X 152 mm
BLADSYE: 194 pp swart & wit met foto’s
PRYS: R250.00
KATEGORIE: Niefiksie: Biografie
Die Duitse filosoof Martin Heidegger het verwys na die geworpe aard van ons lewens, naamlik dat ons uit die niet ewe skielik onsself bevind in ’n plek en tyd waar ons moet sin maak van ons situasie en van alles wat uniek maar ook spesifiek is tot die situasie. Hierdie geworpenheid is ’n diep eksistensiële konsep wat uiting gee aan die menslike ervaring van ’n historiese konteks, maar ook aan die moderne tendens om self die lewe betekenis te gee met wat ’n mens vind in jou situasie op ’n aarde waar daar miljoene situasies bestaan. Lees verder...