Pik Botha en sy Tyd – ‘n Biografie
Theresa Papenfus
Dis ’n belangrike boek oor die oorgangspolitiek in Suider-Afrika. Dit fokus op die rol wat ’n enkele persoon – Pik Botha – as deelnemer gespeel het oor ’n tydperk van meer as vyf dekades.
Meer oor die Skrywer:
Theresa Papenfus is ’n gebore Bolander en het op Worcester gematrikuleer. Ná haar studies in tale aan die Universiteit van Stellenbosch is sy in 1975 as verslaggeefster by Beeld in Pretoria aangestel. Lees meer ...
Enkele uittreksels uit die boek, Lees meer ...
ISBN: 978-1-920188-33-7
FORMAAT: 222 mm x 152 mm
BLADSYE: 1064 pp swart & wit, 48 bladsye fotos
OMSLAG: Volkleur gelamineerde omslag met 10mm flappe
PRYS: R399.00
KATEGORIE: Niefiksie: Biografie/Geskiedenis
“… a page-turner …. Certainly one of the most fascinating biographies written by a South African writer concerning a South African politician and can be highly recommended.” – Cyrus Smith: The Star, Pretoria News
“Hierdie biografie lees soos ’n roman: spannend, ontroerend en humoristies. Dit word die verhaal van ’n besielende politikus wat gedigte op die agterkant van sigaretdosies skryf, ’n stormramminister, ’n vredemaker, ’n ambassadeur wat nooit ’n nee aanvaar of kry nie – en ’n mens wat op sy gelukkigste langs ’n bosveldvuur is. En dit is veel meer. Theresa Papenfus plaas Botha teen die groter politieke en sosiale agtergrond van sy tyd. Sodoende word dit ook die geskiedenis van ’n stormagtige tydperk in Suid-Afrika. Daar is nuwe feite oor byvoorbeeld die rampspoedige vlug waarin Samora Machel omgekom het. Die navorsing dek ’n gedugte aantal bronne, waaronder persoonlike onderhoude of briefwisseling met gesaghebbende en vooraanstaande Suid-Afrikaanase en internasionale figure. En dan is daar Pik Botha se verse, persoonlike dokumentasie en die talle onderhoude met dié hoofkarakter. Waardevol. Deeglik. Boeiend.” - Jeanette Ferreira, redakteur, resensent, skrywer
“History owes her a favour for writing this book. I enjoyed it immensely.” - Peter Sullivan, voorheen redakteur van The Star, en groepshoofredakteur: Independent Newspapers, SA
“ … ’n gesaghebende bron van inligting … wat nooit geïgnoreer sal kan word nie … direk en sonder doekies omdraai of leë ophemeling. ’n Pik-hagiografie is dit geensins nie, maar ’n werk wat van groot navorsing en kennis spreek, van ’n fyn aanvoeling sonder soetsappigheid of verdoeseling.” - Marinus Wiechers, Staats- en Volkeregkundige en oudrektor, Unisa