Sing Mamma Sing – Theresa Papenfus
Titel: Sing, Mamma, sing
Outeur: Theresa Papenfus
Uitgewer: Litera Publikasies
Formaat: 222 mm x 152 mm
ISBN : 978-1-920188-57-3
Omslag: Volkleur matgelamineerde omslag met 100 mm invouflappe weerskante. Binneomslag bedruk in swart-wit, ongelamineer.
Bladsye: 282 teks
16 volkleur bladsye in fotoseksie
Prys: R330 (BTW uitgesluit)
R380 (BTW ingesluit)
Verskyningsdatum: April 2024
Die boek sluit aan by die genre van die moeder-memoir en die subgenre van verlies.
Sing, Mamma, sing skets grepe uit die lewe van ’n Afrikaanse gesin vanaf die koms van Braam, die jongste van die drie Papenfus-seuns, tot ná sy dood op byna agt en dertig.
‘’n Jammerklag is dit egter nie,’ lees die Voorwoord. ‘Ook nie ’n selfhelpgids nie. Die leser reis saam met ’n ma deur haar kind se lewe, lag baie, kry groot waardering vir hom en neem ten slotte saam met haar van hom afskeid.’
- JEANETTE FERREIRA
READ MORE‘Dit is ook ’n dokument van ‘’n tydperk, van die 1980’s tot in die nuwe eeu, waarin baie veranderings geregistreer word. Daarby is dit ’n bevestiging dat die dikwels bespotte en uitgedaagde “konvensionele”, “normatiewe” gesinslewe nie so voorspelbaar en eenvoudig is as wat soms gemeen word nie.
Hoewel die sterk godsdienstige bewussyn deurgaans ’n belangrike rol speel, word geloof of goddelike ingrype nie as ’n gemaklike oplossing vir die verteller of die leser voorgehou nie.
‘Liefde staan sentraal in die boek – tussen man en vrou, ouers en kinders, en tussen vriende.
‘Daar is genoeg om oor na te dink, genoeg om oor te huil en genoeg om oor verwonderd te staan voor die krag van woorde wat op ’n bepaalde manier gerangskik word. En uiteindelik gebeur daardie rare gevoel dat al drie saam werk, saam iets vermag, wat meer is as die nadenke, die emosies en die vorm.
‘Ek dink dit sal ’n aanspraak op ’n groot groep lesers maak.’Sonder soetsappigheid. Sonder prekerigheid. Terselfdertyd onthutsend en troostend. ‘
- WILLIE BURGER
‘ … ’n huis met vertrekke, ’n biografie en outobiografie ineen. Dit boei, die ironie vermorsel die leserverwagting, die humor vermaak. Dit vertel van geloof, hoop – en liefde. Die outeur is ’n vaardige “fotograaf” wat weet hoe om met skaduwees lig en lewe te vergestalt.’
MARIETJIE COETZEE
‘ … 'n ryk teks met verskeie stemme, vir my boeiend, aangrypend en absoluut eerlik.’ ANNETTE JORDAAN
COLLAPSE
Comments
Sing Mamma Sing – Theresa Papenfus — No Comments
HTML tags allowed in your comment: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>